AMERIKA SE VOORNEME OM HOUTHI’S TOT TERRORISTE TE VERKLAAR BEDREIG HULP AAN JEMEN
Die Amerikaanse regering het sy voorneme om die Iran gesteunde Houthi-groep in Jemen tot terroriste-organisasie te verklaar, aangekondig – ’n stap wat kommer in die geledere van internasionale hulp-organisasies laat ontstaan het. Die besluit tree op 19 Januarie in werking, wat ook president Trump se laaste dag in die amp is. Die Houthi-groep – ook…
SELFMOORDBOMAANVALLER EN GEWAPENDES VAL DORPIE IN KAMEROEN AAN
’n Aanval, wat aan die terreurgroep Boko Haram toegeskryf word en waarin minstens 12 mense dood is, is op 8 Januarie op die Mozogo-nedersetting in die noordelike streek van Kameroen uitgevoer. Na berig word het Boko Haram-vegters die dorpie geplunder en sporadies skote afgevuur. Die inwoners het noodgedwonge na ’n park gevlug, waar ’n selfmoordbomaanvaller…
AFGAANSE REGERING EN TALIBAN LÊ REËLS VIR VREDESONDERHANDELINGE NEER
Lede van die Afgaanse regering en die Taliban het ’n voorlopige ooreenkoms bereik om die vredesonder-handelingsproses voort te sit. In die 19 jaar lange oorlog tussen dié partye, was hierdie die eerste skriftelike ooreenkoms wat aangegaan is. Die ooreenkoms, wat op Woensdag, 2 Desember, opgestel is, dui die roete wat die vredesonder-handelinge sal volg, aan….
MOSAMBIEK EN TANZANIË KOM OOREEN OM EKSTREMISTE-GROEP GESAMENTLIK TE BEVEG
Die Mosambiekse staatsmedia het berig dat ’n ooreenkoms met die naburige Tanzanië aangegaan is om die groeiende Islamititiese ekstremisme, wat beide lande nadelig beïnvloed, te beveg. Polisiehoofde van albei lande het in die Tanzaniese stad, Mtwara, vergader om met ’n strategie, oor hoe om die toenemende geweld, wat reeds honderde lewens in albei lande geëis…
FRANSE SENAAT AANVAAR RESOLUSIE OOR ERKENNING VAN NAGORNO-KARABAKH
Frankryk se senaat het op 25 November ‘n simboliese resolusie aanvaar om die Nagorno-Karabakh-streek as ’n onafhanklike republiek te erken. Dié resolusie het nie die omstrede Kaukasus-streek amptelik as ’n soewereine staat erken nie, maar is bedoel om solidariteit met die groot Armeense gemeenskap van Frankryk te toon. Die besluit verwag van die Franse regering…
AL-SHABAAB LOODS MEER AANVALLE IN SOMALIË IN AANLOOP TOT 2021-VERKIESING
Die fundamentalistiese Islamitiese groep, Al-Shabaab,maak aanspraak op verantwoordelikheid vir ’n aanval waarin minstens agt mense op Vrydag, 27 November, in die Somaliese hoofstad, Mogadishu, dood is. Die groep het ’n gewilde roomyswinkel, wat deur toeriste en regerings amptenare besoek word, gebombardeer en beweer dat die aanval “suksesvol en bedrewe uitgevoer is”. Dié bomaanval is op…
SKIETSTILSTAND TUSSEN MAROKKO EN WES-SAHARA SE POLISARIO-FRONT VERBROKKEL
Ontleders is bekommerd dat hernieude gevegte in Wes-Sahara tussen die Polisario-front en Marokko, ná ’n skietstilstand van 29 jaar, plaaslike stabiliteit bedreig en weer vrees vir die toekoms en veiligheid van Sahrawi-vlugtelinge laat ontstaan. Meeste van dié vlugtelinge is sedert 1975 ontheemdes. Die Sahrawi-vlugteling-kwessie is een van die mees langsdurende probleme ter wêreld. Wes-Sahara, wat…
ONVERSETLIKE PAKISTANSE GODSDIENSTIGE LEIER KHADIM RIZVI STERF
Tienduisende mans het op 22 November in Lahore byeengekom vir die begrafnis van die onversetlike Pakistanse godsdienstige leier, Khadim Hussain Rizvi. Die oorsaak van sy dood is nie bekend gemaak nie. Die 54-jarige Rizvi is Donderdag, 19 November, oorlede nadat hy ’n hoë koors en asemhalingsprobleme gehad het. Hy het nie ’n COVID-19-toets ondergaan nie…
KONFLIK IN ETHIOPIË BEDREIG STABILITEIT IN STREEK
Terwyl konflik in die noordelike deel van Ethiopië steeds toeneem, het Debretsion Gebremichael, Tigray se president, bevestig dat sy weermag die Eritrese stad, Asmara, gebombardeer het. Hoewel hy nie gesê het hoeveel missiele afgevuur is nie, het hy tog bevestig dat sy troepe sowel Eritrese as Ethiopiese magte aan “verskeie fronte” langs Ethiopië se grens…
LANDE IN ASIË EN STILLE OSEAAN-GEBIED SLUIT WÊRELD SE GROOTSTE HANDELSVERDRAG
Vyftien land in Asië en die Stille Oseaan-gebied het op 15 November die wêreld se grootste verdrag oor vryhandel, naamlik die Regional Comprehensive Economic Partnership (RCEP), onderteken. Die ooreenkoms sluit die 10 lande wat aan die Association of Southeast Asian Nations (ASEAN) behoort, sowel as China, Japan, Suid-Korea, Australië en Nieu-Seeland, in. Die ooreenkoms sluit…