GEOPOLITIESE WORSTELING IN DIE STRATEGIESE KASJMIR-STREEK VAN GILGIT-BALTISTAN

. by

Gilgit-Baltistan se twee miljoen inwoners gaan op 15 November na die stembus om lede vir hulle wetgewende vergadering te kies. Dié liggaam, wat hoofsaaklik regstreeks onder Pakistanse beheer is, het tans minimale regte. Gedurende ’n besoek aan dié skilderagtige, noordelike streek van Gilgit-Baltistan, wat as poort na China dien, het Imran Khan, Pakistan se eerste…

READ MORE

INDIË: TWEEDE HOOGSTE AANTAL COVID-19 INFEKSIES TER WÊRELD

. by

Sedert Maandag, 7 September, is Indië die land met die tweede hoogste aantal COVID-19 gevalle ter wêreld. Dit volg op ’n bykomende bykans half-miljoen gevalle gedurende die voorafgaande week. Indiese gesondheidsowerhede het gesê die totale aantal infeksies het die 4.2 miljoen kerf verbygesteek en daarmee Brasilië se getalle oortref. Slegs Amerika het meer infeksies as…

READ MORE

FONDASIE VIR HINDOE-TEMPEL GELÊ OP TERREIN WAAR MOSKEE VERNIETIG IS

. by

Op Woensdag, 5 Augustus, het Indië se eerste minister, Narendra Modi, ’n seremonie gehou om die bouwerk aan ’n nuwe Hindoe-tempel in die stad Ayodhya in te huldig. Dit sal ongeveer drie en ’n half jaar neem om te voltooi. Dit word op ’n terrein gebou wat glo die geboorteplek van die god Rama is,…

READ MORE

INDIË SE NUWE VERBLYFSWET ONTLOK WOEDE EN VREES IN KASJMIR

. by

Indië se eerste minister, Narendra Modi, se Hindoe-nasionalistiese regering het nuwe wetgewing uitgevaardig vir die Indies-geadministreerde Kasjmir, wat onder andere omstrede nuwe verblyfregte verleen aan inwoners wat uit ander dele van Indië kom. Kragtens dié nuwe wetgewing kan mense wat reeds 15 jaar in die gebied woonagtig is, of reeds sewe jaar in die uniegebied…

READ MORE

INDIË SE STAAT VAN INPERKINGS VEROORSAAK GROOTSTE MIGRASIE SEDERT VERDELING

. by

Op 20 Maart het honderde duisende migrante-werkers in Indië hul werke verloor nadat Indië ’n staat van nasionale inperking, vir 21 dae lank, ingestel het om die verspreiding van die koronavirus te stuit. Hierdie werkverliese het daartoe gelei dat die werkers te voet na hul tuisdorpe begin terugkeer het – sommige tot 650 kilometer ver…

READ MORE

SEKTARIESE GEWELD IN INDIË EIS DOSYNE LEWENS

. by

Indië het die hewigste sektariese geweld in dekades in Nieu-Delhi beleef. Die skermutselings het op Sondag 23 Februarie begin, kort voor Amerika se president, Donald Trump, in die land aangekom het vir samesprekings met Indië se eerste minister Narendra Modi. Dit het vinnig ontaard in massa-onluste met Hindoe-bendes wat Moslems se huise in die noordoostelike…

READ MORE