SELFMOORDGEVALLE ONDER SIRIESE KINDERS STYG SKERP

. by

Volgens Save the Children, wat gedurende die laaste drie maande van 2020, 246 selfmoorde en 1,748 pogings tot selfmoord onder jong Siriërs aangeteken het, het die selfmoordsyfer onder die Siriese jeug gestyg. In die eerste drie maande van 2021 het die koers waarteen Siriërs probeer selfmoord pleeg het met 86% toegeneem. Volgens dié Britse liefdadigheidsorganisasie…

READ MORE

KIRGISTAN EN TADJIKISTAN KOM NÁ GEWELDDADIGE GEVEGTE OP SKIETSTILSTAND OOREEN

. by

Kirgistan en Tadjikistan het op Saterdag 1 Mei tydens ’n krisisvergadering op ’n algehele skietstilstand ooreengekom, nadat meer as 40 mense dood is in die mees onlangse gevegte by betwiste grense. Die twee regerings het oor die naweek op verskeie vlakke gesprekke gevoer, waaronder ’n telefoniese gesprek tussen die Kirgisiese president, Sadyr Japarov, en die…

READ MORE

HAÏTIAANSE ASIELSOEKERS KWYN IN MEKSIKO

. by

Te midde van ’n toename van migrante op die grens tussen Amerika en Meksiko, is daar ’n groep mense wat dikwels buite rekening gelaat word. Daar woon tans ongeveer 4,000 mense van Haïti in Tijuana, Meksiko (’n stad naby die grens). Hierdie Haïtiane staar toenemende vlakke van diskriminasie deur die owerhede en ander asielsoekers in…

READ MORE

RUSLAND BEGIN OM TROEPE VAN DIE OEKRAÏNSE GRENS TE ONTTREK

. by

Rusland het militêre eenhede van die Oekraïnse grens en die Krim-skiereiland begin onttrek, na weke van verhoogde spanning oor die opbou van Russiese troepe in die gebied. Die Russiese minister van verdediging, Sergei Shoigu het op Donderdag 22 April, gesê dat die doelwitte van die omvattende militêre maneuvers bereik is. Hy het die eenhede beveel…

READ MORE

TSJAD STAAR ONSEKERHEID IN DIE GESIG TERWYL HERVERKOSE PRESIDENT OP VOORSTE LINIE STERF

. by

Die president van Tsjad, Idriss Deby, sterf op 20 April, een dag nadat hy as die wenner van die land se presidentsverkiesing verklaar is. Dít tydens ’n besoek aan troepe op die voorste linie wat teen rebelle uit die noorde geveg het. Die skielike en misterieuse dood van een van die langsdienende Afrika-presidente het kommer…

READ MORE

DENEMARKE – EERSTE EU-LAND WAT VERBLYFPERMITTE VAN SOMMIGE SIRIËRS HERROEP

. by

Denemarke is die eerste Europese land wat die hernuwing van verblyfpermitte vir Siriese vlugtelinge weier, op grond daarvan dat sommige dele van Sirië veilig genoeg is om na toe terug te keer. Die hernuwing van ten minste 189 Siriërs se tydelike verblyfpermitte is geweier vanweë ’n verslag wat sê dat die veiligheidsituasie in Sirië “aansienlik…

READ MORE

GEWELD DUUR VOORT IN NOORD-IERLAND ONDANKS POGINGS OM ONLUSTE TE BEËINDIG

. by

Gewelddadige onluste in stede in Noord-Ierland – waaronder Belfast, Carrickfergus, Ballymena en Newtownabbey – duur sedert 30 Maart voort. Die onrus het hoofsaaklik uit lojalistegemeenskappe en protestantse gebiede, waar die “Noord-Ierse-protokol” – deel van die Brexit-verdrag – sterk betwis word omdat dit hul verhouding met Groot-Brittanje belemmer. As deel van die ooreenkoms is ’n nuwe…

READ MORE

WAPENSTILSTAND WORD GEVRA IN JEMEN SE STRATEGIESE STAD MARIB, TERWYL GEVEGTE TOENEEM

. by

Die stryd om die strategiese stad Marib in Jemen het op 10 April verskerp, toe die Saoedi-gesteunde regeringsmagte probeer het om die Iran-gesteunde Houthi-rebellevegters af te weer. Die Houthi’s – wat die hoofstad Sanaa beset, tesame met ’n groot deel van Noord-Jemen – probeer sedert Februarie op dié stad beslag lê, maar onlangse gevegte was…

READ MORE

CHINA, IRAN TEKEN OMVATTTENDE 25 JAAR SAMEWERKINGSOOREENKOMS

. by

China en Iran se ministers van buitelandse sake het op 27 Maart ’n samewerkingsooreenkoms, geldig vir 25 jaar, onderteken om hul jarelange ekonomiese en politieke alliansie te versterk. Die ooreenkoms, wat sedert 2016 onder bespreking was, het die lig gesien op die vyftigste herdenking van die totstandkoming van diplomatieke betrekkinge tussen Iran en China. Dít,…

READ MORE

BETOGERS IN MIANMAR EIS DEMOKRASIE IN AANLOOP TOT ASEAN-GESPREKKE

. by

Broenei, die voorsitter van die Vereniging van Suidoos-Asiatiese Nasies (Asean) het op Maandag 5 April versoek dat ’n vergadering in Jakarta belê moet word om ’n “onderhandelde oplossing” vir die voortdurende onrus in Mianmar te probeer vind. Hierdie versoek deur Broenei is die mees onlangse deur ’n lid van dié vereniging van tien lande, wat…

READ MORE