24 FEBRUARIE ’21 | BID VIR SUID-SOEDAN
Liewe gebedsvriende ’n Verslag wat op Vrydag, 19 Februarie, deur die VN vrygestel is, dui aan dat geweld in Suid-Soedan voortwoed, ten spyte van ’n vredesooreenkoms (veronderstel om vyf jaar lank van krag te wees) wat sowat ’n jaar gelede onderteken is. Gewapende aanvalle op burgerlikes het die afgelope jaar verskerp en duisende mense is…
17 FEBRUARIE ’21 | BID VIR INDIË
Liewe gebedsvriende Hoofminister van die Indiese deelstaat Gujarat, Vijay Rupani, het op Sondag, 14 Februarie, aangekondig dat die regering binnekort streng wetgewing gaan instel om “liefdes-jihad” in dié betrokke staat te verbied. Dit is “anti-bekeringswetgewing” om “gedwonge bekerings”, veral deur middel van huweliksluitings of enige ander “bedrieglike metode”, te voorkom. Indien die regering in Gujarat…
10 FEBRUARIE ’21 | BID VIR LIBIË
Liewe gebedsvriende Vredesonderhandelinge tussen Libië se twee opponerende “regerings” wat Vrydag, 5 Februarie, onder toesig van die VN plaasgevind het, het tot ’n ooreenkoms gelei wat ’n tussentydse eenheidsregering tot stand sal laat kom wat in beheer sal wees tot verkiesings in Desember 2021 kan plaasvind. Abdul Hamid Dbeibah is as Libië se tussentydse eerste…
3 FEBRUARIE ’21 | BID VIR MOSAMBIEK
Liewe gebedsvriende Die tropiese sikloon Eloise het die stad Beira in Mosambiek se Sofala-provinsie, op Saterdag, 23 Januarie, getref met sterk wind en swaar reën wat ernstige oorstromings tot gevolg gehad het. Dié provinsie is die swaarste getref. Volgens Mosambiek se nasionale instituut vir meteorologie (INAM), het Beira 250 mm reën in die bestek van…
27 JANUARIE ’21 | BID VIR DIE SENTRAAL-AFRIKAANSE REPUBLIEK
Liewe gebedsvriende ’n Landswye noodtoestand het om middernag op Donderdag, 21 Januarie, in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) van krag geword as gevolg van geweld wat in die nasleep van Faustin-Archange Touadera se betwiste herverkiesing as president van die land, uitgebreek het. Die noodtoestand sal vir 15 dae geld. Francois Bozizeis, voormalige president van die land,…
20 JANUARIE ’21 | BID VIR INDONESIË
Liewe gebedsvriende Binne die bestek van net meer as ’n week, is Indonesië – die vierde mees digbevolkte land ter wêreld – deur verskeie rampe getref. Sondag, 17 Januarie, het omvangryke oorstromings die jongste van ’n reeks rampe geword wat dié Suidoos-Asiese land getref het. Duisende mense is gevra om die die gebied te ontruim,…
13 JANUARIE ’21 | BID VIR DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA
Liewe gebedsvriende Amerika het ’n traumatiese en onstuimige week beleef met die implikasies daarvan nog besig om te ontvou. President Donald Trump staar ’n historiese tweede staat van beskuldiging in die gesig nadat die demokrate in die huis van verteenwoordigers hom op Maandag 11 Januarie formeel aangekla het van “aanhitsing tot gelweld” ná die oproer…
9 DESEMBER ’20 | BID VIR DIE VERVOLGDES
Liewe gebedsvriende 2020 was ’n moeilike jaar! Na raming het die vervolging van Christene met 6% toegeneem. Volgens Geopende Deure verduur 260 miljoen Christene oor die wêreld heen hoë vlakke van vervolging as gevolg van hulle keuse om volgelinge van Christus te wees – dit is een uit elke nege Christene wêreldwyd. ’n Onlangse opname…
2 DESEMBER ’20 | BID VIR NIGERIË
Liewe gebedsvriende Die VN berig dat sowat 43 mense (waarskynlik meer) vroeg Saterdag-middag, 28 November, deur gewapende mans doodgemaak is terwyl hulle in ryslande gewerk het. Tydens dié gru-aanval, wat in die dorpie Koshobe en omliggende landelike gemeenskappe (in die noord-oostelike deel van Nigerië) plaasgevind het, is nog ses mense gewond en ’n aantal mense…
25 NOVEMBER ’20 | BID VIR BURKINA FASO
Liewe gebedsvriende Presidensiële én wetgewende verkiesings het op Sondag, 22 November, in Burkina Faso plaasgevind. In sy strewe om vir ’n verdere vyf jaar aan bewind te wees, het president Roch Kabore teen twaalf ander kandidate te staan gekom. Die opposisie hoop om die stemme in hierdie eerste rondte sodanig te verdeel, dat Kabore nie…