BIDEN EN HARRIS SE INHULDIGING EN VERSKEIE UITVOERENDE BEVELE

. by

Joe Biden is Woensdag, 20 Januarie, as 46ste president van Amerika ingehuldig, terwyl Kamala Harris terselfdertyd die eerste vrou geword het om adjunkpresident van daardie land te word; sy is ook van gekleurde, Suid-Asiese afkoms – almal eerstes vir Amerika in dié amp. Presies twee weke nadat ’n klomp pro-Trump-ondersteuners die Kongres-gebou bestorm het en…

READ MORE

AMERIKA SE VOORNEME OM HOUTHI’S TOT TERRORISTE TE VERKLAAR BEDREIG HULP AAN JEMEN

. by

Die Amerikaanse regering het sy voorneme om die Iran gesteunde Houthi-groep in Jemen tot terroriste-organisasie te verklaar, aangekondig – ’n stap wat kommer in die geledere van internasionale hulp-organisasies laat ontstaan het. Die besluit tree op 19 Januarie in werking, wat ook president Trump se laaste dag in die amp is. Die Houthi-groep – ook…

READ MORE

CHINA VOER MILITÊRE BESETTINGSOEFENING UIT TE MIDDE VAN SPANNING MET TAIWAN

. by

In die jongste van ’n reeks militêre oefeninge wat op Taiwan gerig is, het China op Saterdag, 10 Oktober, ’n militêre aanval gesimuleer wat hommeltuie, spesiale magte en lugmagtroepe ingesluit het. Dié oefening, wat op Taiwan se Nasionale Dag plaasgevind het, is die eerste dusdanige oefening wat volledig deur die Chinese staatsmedia openbaar gemaak is….

READ MORE

WITHUIS DEUR VLAAG COVID-INFEKSIES GETREF

. by

Slegs vier weke vóór die Amerikaanse verkiesing, het ’n vlaag COVID-19-infeksies die Withuis getref. Amerika se president, Donald Trump, is Vrydag, 2 Oktober, gehospitaliseer. Ten minste 17 mense (naby-kennisse van die president óf mense wat geleenthede in die Withuis bygewoon het), het positief getoets vir die koronavirus. Intussen probeer mediese personeel die kerngroep onder die…

READ MORE

AMERIKA KONDIG BYNA $1 MILJARD SE HULP VIR SIRIË, SUID-SOEDAN EN DIE SAHEL AAN

. by

Tydens die VN se Algemene Vergadering wat Donderdag,  24 September, in New York plaasgevind het, het Stephen Biegun, die adjunk minister van buitelandse sake, aangekondig dat Amerika ongeveer $960 miljoen se humanitêre hulp aan onder meer Sirië (meer as $720 miljoen), Suid-Soedan ($108 miljoen) en die Sahel-streek in Afrika ($152 miljoen), gaan stuur. Die hulp…

READ MORE

IRAK EN IRAN KOM IN HOËVLAK SAMESPREKINGS OOREEN OM BANDE TE VERSTERK

. by

Irak en Iran het ooreengekom om na beter bilaterale betrekkinge te streef. Dít volg op samesprekings tussen die Irakkese minister van buitelandse sake, Fuad Hussein, met verskeie Irannese amptenare, óók president Hassan Rouhani, om veiigheid, handel en Amerika se rol in die streek, te bespreek. Die beraad was die eerste ontmoeting tussen die twee lande…

READ MORE

AFGAANSE VREDESONDERHANDELINGE SKOP IN KATAR AF

. by

Op Saterdag, 12 September, het die langverwagte vredesonderhandelinge tussen die Afgaanse regering en die Taliban in Doha, Katar, ’n aanvang geneem. Dié onder-handelinge is oorspronklik vir Maart beplan (ná die ooreenkoms tussen Amerika en die Taliban wat in Februarie onderteken is). Ingevolge dié ooreenkoms moes die Afgaanse regering 5,000 Taliban-gevangenes vrylaat, in ruil vir die…

READ MORE

SAOEDI-ARABIË GRETIG OM REGVERDIGE OPLOSSING VIR PALESTYNE TE BEDING

. by

Koning Salman van Saoedi-Arabië het Sondag, 6 September, telefonies aan president Donald Trump van Amerika gesê dat die koninkryk gretig is om ’n regverdige en permanente oplossing vir die Palestynse kwessie te beding. Die gesprek tussen die twee leiers vind plaas ’n maand nadat die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) en Israel aangekondig het dat hulle,…

READ MORE

AMERIKA MISLUK OM SANKSIES TEEN IRAN HERINGESTEL TE KRY

. by

Amerika se poging om internasionale sanksies teen Iran heringestel te kry, het op 21 Augustus misluk toe die VN se Veiligheidsraad met 13 stemme teen 2 daartéén besluit het. Washington beweer Iran het die kernverdrag van 2015 verbreek – dié ooreenkoms was bedoel om Teheran te verhoed om kernwapens te ontwikkel, in ruil vir die…

READ MORE

ISRAEL EN DIE VERENIGDE ARABIESE EMIRATE BEREIK OOREENKOMS OM BETREKKINGE TE NORMALISEER

. by

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het op Donderdag, 13 Augustus, aangekondig dat Israel en die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) ’n ooreenkoms met Israel bereik het om betrekkinge tussen dié twee Midde-Oosterse lande te normaliseer. Trump was behulpsaam met die bemiddeling van die ooreenkoms wat die VAE slegs die derde Arabiese moondheid maak – ná Egipte…

READ MORE