SKIETSTILSTAND TUSSEN MAROKKO EN WES-SAHARA SE POLISARIO-FRONT VERBROKKEL

Morocco

Ontleders is bekommerd dat hernieude gevegte in Wes-Sahara tussen die Polisario-front en Marokko, ná ’n skietstilstand van 29 jaar, plaaslike stabiliteit bedreig en weer vrees vir die toekoms en veiligheid van Sahrawi-vlugtelinge laat ontstaan. Meeste van dié vlugtelinge is sedert 1975 ontheemdes. Die Sahrawi-vlugteling-kwessie is een van die mees langsdurende probleme ter wêreld. Wes-Sahara, wat tot en met 1975 deur Spanje beset is, is reeds vir meer as vier dekades ’n geskilpunt tussen Marokko en die Polisario-front wat deur Algerië gesteun word. In September 1991 is ’n skietstilstand tussen Marokko en die Polisario, onder toesig van die VN, ná ’n oorlog van 16 jaar, onderteken. ’n Beplande referendum is sedertdien herhaaldelik uitgestel. Die jongste dispuut het ontstaan ​​toe pro-Polisario-betogers (op 21 Oktober) ’n pad versper het. Dié pad loop deur ’n VN-gemoniteerde buffersone na aan die Mauritaanse grens. Die onmin is verder gestook ná die VN se Veiligheidsraad in ’n Oktober resolusie (2548) klaarblyklik Marokko bevoordeel – dit dring aan op ’n “realistiese, uitvoerbare en volhoubare oplossing… wat op ’n kompromie gebaseer is”. Dié bewoording is beskou as ’n aanduiding dat ’n referendum oor die streek se toekoms heel moontlik nie sal plaasvind nie. Dusdanige referendum was ’n doel wat Polisario van meet af aan voor oë gehad het en in 1991 ook deur die VN ondersteun is. Drie weke later het Marokko onderneem om die blokkade gewelddadig te verwyder sodat burgerlike en kommersiële verkeer vrylik kan vloei. Dwarsdeur Afrika, die Midde-Ooste en selfs in verskeie Latyns-Amerikaanse lande, is daar groot steun vir Marokko se territoriale integriteit. ’n Toenemende aantal openbare figure en geleerdes in Europa, verwelkom Marokko se onafhanklikheidsplan vir die streek, terwyl hulle Polisario se militante optrede veroordeel.

Uit ’n Christelike perspektief word mense op die rand van die samelewing altyd deur politieke onstabiliteit en onsekerheid geraak. Die meeste Christene in hierdie streek bevind hulle steeds op die rand en sal altyd deur enige vorm van onstabiliteit geraak word. Die spanning tussen Marokko en Algerië oor die Wes-Sahara-streek sal meebring dat hulle grense noukeuriger dopgehou sal word. Dit sal ’n besliste invloed op die mate van groei van die Christendom in die streek hê, veral ten opsigte van die Berber-mense. Dit is bekend dat daar die afgelope jare ’n sterk Christelike beweging onder die Berber-stamme van Algerië bestaan ​​– geslote, of meer gemoniteerde grense, sal menslike beweging bemoeilik – ook dié wat die evangelie tussen Algerië en Marokko versprei. Toenemende spanning raak ook buitelandse Christen-werkers. ’n Voorbeeld hiervan is dat sekere lande, vanweë hulle tuislande se steun aan Wes-Sahara of Morokko, sukkel om visums te kry. Dit beteken dat buitelanders wat in hierdie streek woon, op grond van hulle tuislande se politieke standpunte, sal sukkel om hulle visums te hernu of verblyfpermitte te kry.

Bid asseblief saam met ons vir die volgende:

  • Dat doeltreffende politieke onderhandelings sal hervat (dit is noodsaaklik vir streekstabiliteit) en dat enige verdere toename in die konflik voorkom sal word;
  • vir die welstand van die Sahrawi-vlugtelinge, dat hulle – veral die jeug – gehoor sal word, aangesien baie van hulle wanhopig oor hulle toekoms voel; en
  • dat gelowiges in die streek in staat sal wees om hulle werk voort te sit en met die hoop en liefde van Christus na die Sahrawi-vlugtlelinge uit te reik.

 

 

 

Foto: REUTERS / Ammi Louiza-ABACA

print
SHARE THIS

RELATED ARTICLES