GEOPOLITIESE WORSTELING IN DIE STRATEGIESE KASJMIR-STREEK VAN GILGIT-BALTISTAN

Gilgit-Baltistan

Gilgit-Baltistan se twee miljoen inwoners gaan op 15 November na die stembus om lede vir hulle wetgewende vergadering te kies. Dié liggaam, wat hoofsaaklik regstreeks onder Pakistanse beheer is, het tans minimale regte. Gedurende ’n besoek aan dié skilderagtige, noordelike streek van Gilgit-Baltistan, wat as poort na China dien, het Imran Khan, Pakistan se eerste minister, op 1 November egter ’n “voorlopige provinsiale status” ten opsigte van die gebied aangekondig. Indië, wat lank reeds beswaar teen dergelike veranderings deur Islamabad maak, het die aankondiging veroordeel. Gilgit-Baltistan is die noordelike deel van die groter Kasjmir-streek en ook Pakistan se enigste landverbinding met China. Tans is daar ’n groot Chinese teenwoordigheid in die streek, as gevolg van China se One Belt, One Road (OBOR) -infrastruktuurontwikkeling, wat deel is van China se China Pakistan Economic Corridor (CPEC) -projek. China se strewe om die strategiese bottelnek in die Straat van Malakka, uit te skakel, bring mee dat Gilgit-Baltistan steeds ’n uiters belangrike streek is. Sedert onafhanklikheid 73 jaar gelede verkry is, het sowel Dehli as Islamabad die hele Kasjmir vir hulle onderskeie lande opgeëis – twee oorloë is reeds oor dié kwessie gevoer. Verlede jaar het Indië vir Pakistan die harnas ingejaag deur eensydig veranderinge aan Kasjmir se status aan te kondig en sommige van die streek se voorregte op te skort. Ná die onlangse aankondiging het Pakistanse amptenare egter geen verband gebring tussen Indië se vorige stap en Khan se voorstel nie. Pakistan se optrede sal egter waarskynlik in albei lande as ’n gedeeltelike “tik jy my dan pik ek jou”-reaksie beskou word. Volledige besonderhede van die voorstel is nog nie bekend gemaak nie, maar dit sal die streek se status heel waarskynlik nader aan Pakistan se ander verenigende provinsies bring. Dusdanige aksie sal ’n grondwetlike wysiging, wat deur twee derdes van die Pakistanse parlement aanvaar moet word, deur Pakistan vereis. Khan het geen aanduiding van ’n tydsraamwerk vir die implementering van die voorstel verskaf nie.

Uit ’n Christelike perspektief is dié strategiese streek ’n kruispad vir drie groot godsdienstige invloede: Islam (Pakistan), Hindoeïsme (Indië) en Atheïsme (Kommunistiese China). Hoewel die onlangse ontdekking van ’n Nestoriaanse kruis (wat tussen 900 en 1,200 jaar terug dateer) in Junie 2020, op ’n antieke Christelike teenwoordigheid dui, is daar tans geen oorblywende Christelike gemeenskappe uit daardie tydperk nie. Die huidige Christen-teenwoordigheid is klein (na raming 1,300 gelowiges) en van onlangse oorsprong. Die Chinese Kerk het egter duidelik aangedui dat hulle van plan is om die Chinese infrastruktuurprojekte (OBOR) te gebruik om die evangelie in gebiede waar dit nog vir die eerste keer gehoor moet word, te verkondig. Dit sal beteken dat, indien Pakistan sy vennootskap met China in Gilgit-Baltistan voortsit, daar ’n moontlikheid is dat die evangelie in hierdie ‘onbereikte’ deel van die wêreld vastrapplek sal kry.

Bid asseblief saam met ons vir die volgende:

  • Dat die Here die “menslike planne” in die streek tot die uitbreiding van sy Koninkryk sal gebruik;
  • dat die Here arbeiders na hierdie “oesland” sal stuur; en
  • dat die klein groepie gelowiges in die streek bemoedig en versterk sal word.

 

 

 

Foto: https://www.internationalaffairshouse.org/wp-content/uploads/2020/06/Featured-Image-editors-8.png

print
SHARE THIS

RELATED ARTICLES