AMERIKA KONDIG BYNA $1 MILJARD SE HULP VIR SIRIË, SUID-SOEDAN EN DIE SAHEL AAN

South Sudan aid

Tydens die VN se Algemene Vergadering wat Donderdag,  24 September, in New York plaasgevind het, het Stephen Biegun, die adjunk minister van buitelandse sake, aangekondig dat Amerika ongeveer $960 miljoen se humanitêre hulp aan onder meer Sirië (meer as $720 miljoen), Suid-Soedan ($108 miljoen) en die Sahel-streek in Afrika ($152 miljoen), gaan stuur. Die hulp aan Sirië gaan aan Siriërs in die land, sowel as noodlydendes in naburige streke. Hierdie mees onlangse skenking bring die totale bedrag van Amerikaanse hulp aan Sirië op meer as $12 miljard te staan. Die geld wat aan die Sahel toegewys word, sal tussen Niger, Mali, Burkina Faso en Mauritanië verdeel word om diegene wat as gevolg van die voortslepende konflik in die streek ontwortel is, te help. Die fondse sal ook help om voedselonsekerheid in daardie lande teë te werk. Gewapende konflik, voedselonsekerheid en ’n kwynende ekonomie het ’n humanitêre krisis in Suid-Soedan geskep, wat onlangs deur hewige oorstromings en die COVID-19-pandemie vererger is. Die minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, het gesê die fondse sal versprei word om diegene in Suid-Soedan sowel as in die buurlande te help.

Uit ’n Christelike perspektief is Amerika die grootste skenker van humanitêre hulp, wat gedurende 2019 $34,6 miljard só spandeer het. Hoewel ’n beduidende deel van Amerika se buitelandse hulp deur die staat gefinansier word, word nie alle buitelandse hulp deur die openbare sektor gekanaliseer nie. Evangeliese Christen-organisasies vorm die grootste deel van privaat internasionale bystandsprogramme in die VSA, met ongeveer 60% van internasionale ontwikkelingsorganisasies, wat volgens die National Centre for Charitable Statistics, Christelike geloofsgebaseerde organisasies is. Onder die privaat hulpsektor, oefen Evangeliese kerke ’n groot invloed uit op welke buitlandse hulporganisasies hulp sal ontvang. Baie Amerikaanse geloofsgebaseerde NRO’s is werksaam in lande waar regerings min hulp verleen – dit laat die Amerikaanse privaat hulpsektor toe om ’n belangrike rol te speel in hulpverskaffing aan lande wat dit die nodigste het.

Bid asseblief saam met ons vir die volgende:

  • Dat die beloofde hulp die mees behoeftiges sal bereik;
  • dat die Kerk sal aanhou om mildelik te gee; en
  • dat Christelike hulporganisasies met gelowiges in die lande wat hulp gaan ontvang, soos Sirië, Suid-Soedan en die Sahel, sal hande vat en dat geestelike hulp en bemoediging die fisiese hulp sal vergesel, wat aan diegene wat in hulle gemeenskappe ly gegee gaan word.

 

 

 

Foto: REUTERS / Denis Dumo

print
SHARE THIS

RELATED ARTICLES