INTER-KOREAANSE VERHOUDINGS VERSUUR

North Korea

Die verhouding tussen Noord- en Suid-Korea is verder versuur op Dinsdag 16 Junie ná die sloping van ’n gesamentlik beheerde skakelkantoor. Volgens ’n bron van Associated Press het Noord-Korea ’n verklaring uitgereik en gesê: “Alle hoop op vrede op die Koreaanse skiereiland is verswelg deur ’n donker nagmerrie.” Die jongste stryd tussen die Koreas spruit uit die Suide wat anti-Noord-Koreaanse propagandapamflette met ballonne oor die grens gestuur het. Noord-Korea het op hulle beurt gedreig om wraak te neem deur middel van hul eie pamflette. Hierdie jongste dispuut maak beide Koreas skuldig aan die oortreding van ’n ooreenkoms wat in 2018 onderteken is, waarin beide partye ooreengekom het om alle vyandige optrede teen mekaar te staak – insluitend sielkundige oorlogvoering soos die verspreiding van propaganda. Suid-Korea het die Noorde aangeraai om van sy plan om ballonne ter vergelding te stuur, af te sien en gesê dat hulle militêre reaksie van die metode wat gebruik word om die pamflette oor die grens te stuur, afhang. Sedert die gesamentlike skakelgebou gesloop is, het Noord-Korea troepe na die nou geslote samewerkingspersele aan sy kant gestuur om weer wagposte op te rig en militêre oefeninge op die voorste linies te hervat. Die Suid-Koreaanse minister van verdediging het gesê Suid-Korea sal met “onmiddellike, vinnige en ooreenstemmende stappe” op enige Noord-Koreaanse provokasie reageer.

Uit ’n Christelike perspektief het die versuurde inter-Koreaanse verhoudings in ’n kort tydjie al die vordering wat gemaak is om vrede te bewerkstellig die afgelope paar jare, ongedaan gemaak. Baie mense het Suid-Korea se president Moon Jae-in en die Amerikaanse president, Donald Trump, se vergaderings met die Noord-Koreaanse leier Kim Jong-un as moedige stappe om vrede te bewerk, beskou. Ware vrede verg egter voortdurende inspanning; iets wat by die onlangse inter-Koreaanse betrekkinge ontbreek. Eerder as om voort te gaan en voort te bou op wat reeds bereik is, het albei Koreas teruggeval in die ou, gewoontesiklus van vyandigheid. As daar enige hoop op blywende vrede in Korea is, sal elke kant ’n daadwerklike poging moet aanwend tot openlike kommunikasie en versoening. Volhoubare, Bybelse vrede is ’n proses en sal nie bereik word deur enkele vergaderings of wapenstilstand ooreenkomste nie. Alles is nie verlore nie, maar ’n beslissende stap is nodig om verhoudings te stuur om ’n vreedsame uitkoms te bevorder.

Bid saam met ons vir die volgende:

  • Dat die Here leiers wat die vredesproses verder kan voer, sal oprig;
  • dat harte aan weerskante van die grens sal versag en hulle weer sinvolle samesprekings sal voer; en
  • dat die Koreaanse Kerk nie moed sal verloor nie, maar sal volhard.

 

 

Foto: REUTERS/YONHAP NEWS AGENCY

print
SHARE THIS

RELATED ARTICLES