12 FEBRUARIE ’20 | BID VIR AUSTRALIË

12Feb20-Australie-Afrikaans

Liewe gebedsvriende

Vrydag 7 Februarie was die natste dag wat in meer as ’n jaar in Sydney, Australië aangeteken is – paaie is gesluit en openbare vervoer vertraag. Dele van die ooskus van Australië is deur swaar reën getref, wat plek-plek tot ontruimings en kragonderbrekings gelei het; sommige skole is selfs gesluit.

Die broodnodige reën het verligting gebring in die droogtetoestande en van die land se mees skadelike en langdurige brande geblus. Verlede jaar was die droogste en warmste jaar op rekord, in Australië. Sommige dele van die land het etlike jare van droogte beleef wat gelei het tot ’n ernstige bosbrandseisoen oor groot dele van die land. Op nasionale vlak het die brande minstens 33 mense se lewens geëis, duisende huise vernietig, ’n geskatte 1 miljard diere is dood en meer as 11 miljoen hektaar grond is verwoes. Alhoewel die reënval ’n mate van oorstromings tot gevolg gehad het, het dit ook vir die land en sy inwoners groot verligting gebring.

Baie mense was vinnig om hierdie rampe as ’n bewys van God se oordeel oor Australië te bestempel. Gebruik God nie miskien hierdie krisisse om ’n volk wat dikwels blyk of ‘hulle Hom nie nodig het nie’, na Hom toe terug te bring? Baie kerke regoor Australië het dit gebruik as ’n geleentheid om die evangelie te bevorder deur met woorde van bemoediging, gebed en aksie op hierdie krisis te reageer, terwyl hulle gepoog het om verligting vir hul land te bring.

Loof en prys die Here vir die reën wat soveel verligting gebring het en hou aan bid dat Sy koninkryk in Australië bevorder sal word en dat goddelike oplossings geïmplementeer sal word om hierdie omgewingskrisisse die hoof te bied.

“Om mens se blik weer op Jesus te rig, is altyd ‘n goeie plek om jouself te bevind.” (Anoniem)

print
SHARE THIS

RELATED ARTICLES