DIE ORGANISASIE VAN ISLAMITIESE SAMEWERKING (OIC) VERWERP TRUMP SE VREDESPLAN VIR DIE MIDDE-OOSTE

Demonstrators set fire to a makeshift Israeli and U.S. flag during a protest against the U.S. President Donald Trump’s Middle East peace near the U.S. embassy in AwkarDemonstrators set fire to a makeshift Israeli and U.S. flag during a protest against the U.S. President Donald Trump's Middle East peace near the U.S. embassy in Awkar, Lebanon February 2, 2020. REUTERS/Ali Hashisho

Die Organisasie van Islamitiese Samewerking (OIC) het op Maandag, 3 Februarie die Amerikaanse president, Donald Trump se onlangse onthulling van die vredesplan vir die Midde-Ooste, verwerp. Die liggaam van 57 lede het in ’n verklaring gesê dat hulle ’n “beroep op alle lidlande doen om nie by hierdie plan betrokke te raak of om met die Amerikaanse administrasie saam te werk om dit in enige vorm te implementeer nie”. Die Amerikaanse president, Donald Trump het sy langverwagte vredesplan vir die Midde-Ooste op 28 Januarie bekendgestel en is met gemengde gevoelens ontvang. Terwyl Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu die voorstel die “plan van die eeu” genoem het, het die Palestynse president, Mahmoud Abbas die plan verwerp en as ’n “sameswering” bestempel het. Die plan bevat voorstelle wat Israel se soewereiniteit oor ’n groot deel van die Wesoewer, die Jordaanvallei en duisende Joodse nedersettings, wat volgens internasionale reg as onwettig beskou word, sal erken. Trump se voorstel het ten doel om Jerusalem Israel se “onbetwisbare hoofstad”, te maak. Vir Abbas, wat sê dat ’n Palestynse staat nie sonder Jerusalem kan bestaan nie, is dit die belangrikste twispunt. Die plan, wat grotendeels byval gevind het by Netanyahu, het die verhouding tussen Amerika en Palestina, wat sedert Desember 2017 gespanne is toe Trump Jerusalem amptelik as die hoofstad van Israel erken het, verder versuur. Palestina het onwrikbaar gebly in hul eise vir ’n hoofstad in Oos-Jerusalem en ’n onafhanklike staat in Gaza en die Wesoewer.

Uit ’n Christelike perspektief was die manier waarop mens Israel behoort te behandel nog altyd ’n verdelende onderwerp, selfs binne die globale Kerk. Daar word gereeld twee kante voorgestel, diegene wat onwrikbaar by Israel staan ​​as God se uitverkore land/volk en diegene wat Israel se optrede en politieke bewegings kritiseer. Ongelukkig was pogings om ’n goue middeweg te vind, wat dié aan beide kante geval, nog altyd moeilik. Dit hang af aan watter kant van hierdie kloof mens jouself bevind, of jy die ‘vredesplan’ as positief of negatief gaan beskou. Die Kerk moet haarself egter weerhou daarvan om op politieke vlak kant te kies en eerder op die geestelike kwessies wat ter sprake is, fokus. Die Kerk kan dit nie bekostig om verblind te word deur hul goedkeuring van die een en verwerping van die ander een nie. Die werklikheid is dat nóg die Jode nóg die Palestyne heiliges is en dat beide partye bloed op hul hande het; dít terwyl die Kerk oor die enigste antwoord om die bloed van hul hande af te was, beskik. Ons word geroep om die evangelie met almal wat verlore is, of dit nou Jood of Palestyn is, te deel en as ons ons vooroordeel teenoor die een die oorhand gaan gee oor ons liefde vir die ander een, sal ons nie effektiewe instrumente in die Here se hand kan wees om Sy liefde aan hulle te kommunikeer nie. Mag ons gebede vir die vrede van Jerusalem, ál sy inwoners insluit.

Bid saam met ons vir die volgende:

  • Vir ’n geestelike deurbraak in die Israel-Palestina-dooiepunt;
  • vir die gelowiges in Israel en Palestina wat daagliks werk om hul naastes te bereik, ondanks die geweldige uitdagings; en
  • Dat die wyer Liggaam van Christus konstruktiewe maniere sal vind om by te dra tot die vredesproses.

 

 

 

FOTO:  Reuters/ ALI HASHISHO

print
SHARE THIS

RELATED ARTICLES