NÓG PROTESOPTREDE IN LIBANON, TERWYL REGERING POOG OM ’N OPLOSSING VIR EKONOMIESE PROBLEME TE VIND

Lebanon

Op Maandag 27 Januarie het die nuwe Libanese regering, onder leiding van eerste minister Hassan Diab, vergader om ’n begroting, wat aanvanklik deur die vorige regering onder leiding van Saad al-Hariri opgestel is, te bespreek. Sommige partye het die sitting geboikot en aangevoer dat Diab se regering eers sy beleidsverklaring moes voorgelê het om ’n mosie van vertroue in die parlement te vestig, voordat hulle die begroting self voorgelê het. Sommige betogers het ook die nuwe regering, van 20 lede, wat verlede week aangekondig is, verwerp en die politieke elite daarvan beskuldig dat hulle eise, wat ’n onafhanklike regering insluit en korrupsie sal beveg, geïgnoreer het. Die betogings teen die regerende elite, wat die land sedert die einde van die burgeroorlog van 1975-1990 beheer, duur al vir meer as drie maande voort. Die nuwe regering word gerugsteun deur die militante Hezbollah-groep en sy bondgenote, maar ander magtige partye, insluitend dié van die voormalige eerste minister Saad Hariri en twee Christelike partye, word nie verteenwoordig nie.

Uit ’n Christelike perspektief het baie Libanese Christene gretig aan die protesoptrede deelgeneem, veral terwyl dit vreedsaam van aard was. Daar was ’n gevoel dat verandering op hande is en baie het verlang na ’n regverdige regering vir almal. Maar die onlangse geweld is vir baie mense kommerwekkend. Libanon is ’n redelik unieke land in die Midde-Ooste deurdat die Christendom ’n integrale komponent van die kulturele en politieke landskap uitmaak. Alhoewel dit ’n klein land is, het dit ook ’n belangrike rol gespeel daarin om die lewens van baie Siriese vlugtelinge aan te raak en baie van hulle het Christus gevind, terwyl hulle in hierdie buurland skuiling gesoek het. ’n Beduidende verskuiwing in die politieke landskap waarin die regering Hezbollah goedgesind is, voorspel niks goeds vir Libanese Christene nie, maar dit kan ook ’n tyd van sifting vir die Kerk beteken, wat ‘goeie vrugte’ kan oplewer. Baie gebed word benodig.

Bid saam met ons vir die volgende:

  • Dat die nuwe regering gehoor sal gee en sal reageer op die mense se pleidooie;
  • dat gelowiges standvastig sal bly en hul versekering in Christus sal vind, ongeag of die politieke landskap verander of nie; en
  • dat gelowiges aktief sal betrokke raak by hul nie-gelowige bure, veral gedurende hierdie tye van onrus en onsekerheid.

 

 

 

 

Foto:

https://s4.reutersmedia.net/resources/r/?m=02&d=20200124&t=2&i=1480946859&w=780&fh=&fw=&ll=&pl=&sq=&r=2020-01-24T232152Z_14025_MRPRC25JE995T2G_RTRMADP_0_LEBANON-CRISIS-PROTESTS

print
SHARE THIS

RELATED ARTICLES